Geestelike Asemhaling
R40.00
Author: Francois Carr
Herontdek die volheid van God se teenwoordigheid
God roep ons om by Hom te wees, om sy teenwoordigheid te beleef en om sy plan en doel vir ons lewens na te volg, wat dit ook al mag wees. As ons gehoor gee aan sy oproep, sal Hy aan ons bekend maak wat Hy vir ons begeer en ons bemagtig om dit te verwesenlik. Hy wil hê dat ons oomblik na oomblik en dag na dag die geheim daarvan om ten volle te lewe in die vrede, vreugde en krag wat daarmee gepaard gaan om met Hom in verbinding te wees, herontdek.
In hierdie boek ondersoek Francois Carr sommige waarhede oor God se aktiwiteite in ’n gelowige se lewe, deel hy kennis van hoe geestelike asemhaling (om uit te asem en in te asem) werk en wys hy ons hoe die werk van die Heilige Gees in ons ons ondersteun om die volheid van God se teenwoordigheid
te ervaar.
In this book, Francois Carr explores some truths about God’s activities in a believer’s life, shares how the exercise of spiritual breathing (exhaling and inhaling) works and shows us how the work of the Holy Spirit in us helps us to experience the Fullness of God’s Presence.

