skip to Main Content

Leef in Kontak – Studiegids

R40.00

Soos jy deur hierdie studiegids werk, sal jy:

  • die krag en vreugde van gemeenskap met God en met ander herontdek;
  • ervaar dat God in en deur jou lewe werk terwyl jy alles word wat jy bedoel was om te wees;
  • die vreugde ervaar om ander te help om ‘n nader wandel met God te ervaar.

 

Is jy gereed om weer in verbinding te tree met God se roeping en doel en God se werk te ervaar

in en deur jou lewe? Sluit by ons aan as ons:

  • Loop in pas met Hom;
  • Loop langs iemand;
  • En sien ‘n lewe en dan nog lewens wat deur God getransformeer is.

Description

Outeur: Francois Carr

Die studiegids is ’n handleiding wat individue (en kleingroepe) help om sistematies aan die hand van sessies deur die boek, Leef in Kontak, te kan werk.

Verbind my lewe met God se roeping

“Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (Matteus 4:19)

Jesus roep, leer, rus toe en stuur gewone mense. Om Jesus te volg, waarborg nie net die ewige lewe in die hemel nie, maar maak ook die deur oop vir verandering en transformasie, groei en ontdekking op aarde.

Die Studiegids sal jou help om die uitnodiging te verstaan en te ervaar om by Jesus te wees, om deur Hom verander en getransformeer te word, en vir Hom gestuur te word.

Back To Top