skip to Main Content

Leef in Kontak

R200.00

Geroep vir God se doel

Dit is 30-33 n.C.; Jesus roep jou naam…

“Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (Matteus 4:19)

“Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies.” (Matteus 28:19)

Hoe sal dit voel om by die voete van Jesus te sit, te luister, te kyk en meer te leer van sy lewe, verhoudings, bediening en koninkryk? Wat sou gebeur as ons Hom sou volg waarheen Hy ons ook al sou lei en ons opdrag sou gee om te gaan?

God het gewone mense – – skrynwerkers, vissermanne, diensknegte, sakelui, herders, dokters, ma’s en pa’s – gebruik om sy werk te doen. Gewone mense. Tóg sien God die potensiaal in hulle raak om sy doelwitte te verwesenlik.

Description

In Leef in kontak ondersoek ons noukeurig wat dit beteken om by Jesus te wees en Hom te volg, terwyl ons onderwerpe verken soos:

  • Om by Hom te wees
  • Om Hom te hoor praat
  • Om sy oogmerke te verstaan
  • Om sy bemagtiging te ontvang
  • Om met vertroue en gehoorsaamheid te reageer
  • Om sy doelwitte te bereik
  • Om te rus en verfris te word

God roep ons vandag steeds na Hom toe, om Hom te volg na hoër hoogtes van toewyding en aanbidding, gehoorsaamheid, oorgawe en sending.

In elke tydperk en in elke land, hef God diegene met ‘n toegewyde geestelike sensitiwiteit op om sy werk te doen. Ek het ‘n aanvoeling gehad dat Francois een van God se wagte is vir die tyd waarin ons leef. – Henry Blackaby

Francois onderrig nie net “die in kontak lewe” nie, hy leef dit ook. – Richard Blackaby

Leef in kontak is ‘n boek met gebiedende spiritualiteit en gehoorsaamheid vir almal wat besig is met God se opdrag. – Tom Phillips

Dit is tyd om in te skakel by God se roeping en saak

Back To Top