My Tyd met Hom
R100.00
Outeur: Francois Carr
VERBIND MY TYD met God se doel.
Is jy verveeld en gefrustreerd met jou gebedslewe? Voel jy leeg, asof jou verbinding met God verbreek is en asof Hy jou verlaat het? Elke volgeling van God kan naby aan God leef en ‘n lewe na aan Hom geniet. Ons kan God se seën deur ‘n lewe van gemeenskap en intimiteit met Hom ontvang.
Francois verduidelik in My tyd met Hom hoe om tyd te maak vir Jesus, na Hom te luister, te reageer en om te rus in sy teenwoordigheid. Hy deel ook lesse en insigte vanuit sy eie persoonlike stiltetyd en ‘n paar praktiese stappe wat jou sal help om die stres van ons hedendaagse lewe te oorkom en om die krag van Jesus Christus op ‘n intieme en lewensveranderende manier te ervaar.
Description
My tyd met Hom bestaan uit ‘n inleiding en ses stappe wat maklik gevolg kan word en wat jou sal help om betekenisvolle tyd met God te spandeer. Hier is die hoofpunte van die boek:
- Inleiding – Wat is My tyd met Hom?
- Stap 1 – Voorbereiding om God te ontmoet
- Stap 2 – Openingsgebed
- Stap 3 – Lees sy Woord
- Stap 4 – Skryf dit neer
- Stap 5 – Persoonlike gebed
- Stap 6 – Verpersoonlikte gehoorsaamheid

